Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 23 NOVEMBER 2014

Goeiemore en welkom! Jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ................................................................... (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 sentraal Afrika tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 sentraal Afrika tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

In die nuus vandag

DESEMBER IS JEUG OP DIE LUG MAAND

ANTENNA VERDEDIGING PROJEK VORDERING GEMAAK, MAAR STADIG

en

KIES DIE ARTIKELS WAT JY WIL LEES IN RADIO ZS

Bly ingeskakel vir meer hieroor en ander nuus

** Gedurende die hele maand van Desember sal stasies in verskeie lande op die lug wees om kontak te maak behulp van "YOTA" as hul roepsein agtervoegsel. Jeug op die Lug is vinnig groeiend en elke week vra meer jongmense om deel te neem. Deur Jeug op die Lug gewild te maak, kan ons almal help om jongmense aktief by amateur radio betrokke te maak. YOTA stasies sal probeer om soveel moontlik kontakte te maak, so neem hierdie geleentheid om jong amateurs in hul tienerjare en 20s te kry om met hul eweknieë op die lug te gesels.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga is 'n spesiale roepsein, ZS9YOTA, toegestaan vir jong amateurs om van 1 tot 31 Desember 2014 te gebruik. Dit sal die eerste wêreldwye YOTA gebeurtenis wees.

As jy 25 jaar oud of jonger is, word jy uitgenooi om aansoek te doen om die spesiale roepsein te gebruik óf as 'n individu of as 'n klubstasie bedryf deur jong mense. Stuur jou versoek aan Nico van Rensburg, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za.

Beurte sal toegeken word op 'n eerste kom, eerste bedien basis. Die beurte sal gewys word op www.hamradio.org.za waar jy ook baie ander interessante inligting oor YOTA 2014 kan kry. Wanneer jy jou ZS9YOTA logstaat instuur, sluit 'n foto van jouself wat die stasie bedien in, dit kan op die spesiale QSL kaart gebruik word.

** Antenna verdediging projek vordering gemaak, maar stadig. Toe die Suid-Afrikaanse Radioliga die inisiatief van stapel gestuur om antenna regulasies te verander vir die oprigting van antennas en antenna ondersteunings strukture te fasiliteer, het die Suid-Afrikaanse Radioliga Raad aangedui dat dit 'n lang, uitgerekte proses, wat in oorleg met verskeie kenners op die bou en ander regulasies wat dit moeilik maak om 'n antenna struktuur op te rig, sal wees. Die nasionale verkiesings en die daaropvolgende veranderinge aan die kabinet aanstellings het nie die proses makliker gemaak nie en lei tot meer vertragings soos die nuwe ministers hul departemente herstruktureer.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga is nou by die punt waar genoegsame inligting beskikbaar is om te begin om verskeie kabinetslede te nader vir die ondersteuning en saam met hulle 'n begrip van die waarde van die amateur radio op beide 'n tegniese en 'n ondersteuning aan die gemeenskap vlak te skep. Dit sal uitloop op ’n versoek aan die Minister van Samewerkende Ontwikkeling en Tradisionele Sake wat die verantwoordelikheid het vir die implementering van die Wet op Rampbestuur en kan moontlik die spesiale beplanning kwessies wat tans dit moeilik maak vir oprig van antenna en antenna strukture in residensiële gebiede aanspreek.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga Raad is dankbaar vir die goeie ondersteuning ontvang van die radio amateurs wat dit moontlik gemaak het om die konsultasie met die wet- en regulasie kundiges te finansier.

** Kies die artikels wat jy wil lees in Radio ZS. Suid-Afrikaanse Radioliga lede kan nou die artikels in die September/Oktober uitgawe van Radio ZS aanlyn kies sonder om die volledige uitgawe af te laai. Lees wat jou die meeste interesseer. Laai die lêer af as jy die artikel op jou rekenaar vir toekomstige verwysing wil stoor. Die artikels is in PDF formaat. Besoek www.sarl.org.za en klik op die "Members Only" knoppie bo regs op die tuisblad. Om die bladsy oop te maak sal jy jou PIN-nommer moet invoer. Kommentaar oor hierdie nuwe diens word verwelkom. Stuur jou kommentaar aan artoday@sarl.org.za

Jy luister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga

** Die 5 MHz Nuusbrief, Herfs 2014-uitgawe. Die jongste uitgawe van die 5 MHz nuusbrief is nou beskikbaar vir gratis aflaai by http://tinyurl.com/jvjrtn6. Die Herfs 2014 uitgawe (No 12), het 'n aantal stories insluitend Dominica op 5 MHz, verskeie items op WRC15, Suid-Afrikaanse baken veranderinge en NVIS waarnemings, Ofcom se Britse Amateur lisensie konsultasie, is dit luidrugtiger op 5 MHz?, nuwe webSDRs wat die band dek en GB2RS op 5 MHz.

** My DX Summit is gister van stapel gestuur. Die nuwerwetse My DX Summit (MDXS) is vir die publiek gister om 10:00 UTC oop gemaak. MDXS stel 'n nuwe reeks funksies beskikbaar met 'n handige voortplanting instrument as 'n ware openbaring. Voortplanting voorspelling is gebaseer op jou persoonlike stasie en deur op 'n DX stasie te klik sal jy die huidige voortplanting omstandighede sien asook 'n 24-uur venster an alle bande vanaf jou stasie, kort en lang pad, na 'n ver DX QTH.

Hierdie onlangse verbetering maak 'n paar nuwe funksies geredelik beskikbaar en verseker 'n aangename gebruikers ervaring. Mobile gebruikers is ook omvattend ondersteun wat MDXS die eerste-ooit mobiele-gereed DX Cluster maak. MY DX Summit sal outomaties die huidige DX Summit vervang by http://www.dxsummit.fi/

** Diep ruimte ondersoek op 70-cm. Twee Japannese amateurradio satelliete, sal in die maand die diep ruimte in. Die satelliete sal 'n rit met die Japan Aerospace Exploration Agency asteroïed missie, wat geskeduleer is om op 29 November gelanseer te word. Een satelliet sal 'n F1D digitale stoor-en-vorentoe transponder, 'n gelykgolf baken op 437,505 MHz en WSJT telemetrie op 437,385 MHz. Die tweede satelliet sal 'n gelykgolf baken op 437,325 MHz hê.

** Die Wesrand Amateurradioklub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 29 November 2014 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom om dit by te woon. Vir meer inligting skakel, Noel ZR6DX, by 082 490 9934.

** Die sluitingsdatum vir logstate vir die Suid-Afrikaanse Radioliga Nasionale Velddag en die Suid-Afrikaanse Radioliga BHF/UHF kompetisie is Maandag 24 November. Vir die Velddag, stuur jou logstaat na zs4bfn@gmail.com en vir die BHF/UHF Kompetisie stuur jou logstaat na contest@sarl.org.za

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot gematig gaan wees. Sonvlek 2209 het 'n komplekse magneetveld en huisves genoeg energie vir M- en X-klas sonfakkels. Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 120.

Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** En nou die dagboek van gebeure

24 November - sluitingsdatum vir Velddag en BHF/UHF logstate
29 en 30 November - die CQ WW DX Gelykgolf kompetisie
01-31 Desember - Jeug op die lug met ZS9YOTA
1 Desember - sluitingsdatum vir die opdatering van die Suid-Afrikaanse Radioliga onbemande toestelle databasis
6 Desember - die Suid-Afrikaanse Radioliga digitale Kompetisie
13 en 14 Desember - ARRL 10 meter Kompetisie
15 Desember - insette na die Suid-Afrikaanse Radioliga oor die nasionale geïntegreerde IKT-beleid besprekingsdokument

Ons sluit vanmôre se bulletin met ‘n vinnige terugblik op ons hoofstorie:

Die Suid-Afrikaanse Radioliga is 'n spesiale roepsein, ZS9YOTA, toegestaan vir jong amateurs om van 1 tot 31 Desember 2014 te gebruik. Dit sal die eerste wêreldwye YOTA gebeurtenis wees.

As jy 25 jaar oud of jonger is, word jy uitgenooi om aansoek te doen om die spesiale roepsein te gebruik óf as 'n individu of as 'n klubstasie bedryf deur jong mense. Stuur jou versoek aan Nico van Rensburg, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die “newsinbox” skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 760 kHz. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 4 895 kHz plaas. Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Carina Green, en gelees deur .............................................................

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003